Brits en Hartebeespoort se water te gevaarlik om te drink

Deel op

Gevaarlike bakterieë in die water verhoed inwoners van Brits en Hartbeespoort om kraanwater te drink.

Die plaaslike Madibeng-munisipaliteit gewaarsku dat kraanwater gekook moet word voor gebruik..

Volgens Beeld toon die uitslag van toetse op vier watermonsters wat in Brits geneem is, dat sekere bronne glad nie geskik is vir mens óf dier nie.

Die watermonsters is volgens die koerant getoets in ’n onafhanklike ontleding wat Brits se vereniging van besorgde belastingbetalers (Corpa) laat doen het.

Corpa-voorsitter, Jaco Dercksen, het gesê ’n watermonster het positief getoets vir toksigeniese Vibrio cholerae, wat cholera veroorsaak.

on slots freeпрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.