Geopolitiek skuif van Wes na Oos

Deel op

‘n Geopolitieke skuif van die Weste na die Ooste is duidelik nadat Saoedie-Arabië se ru-olieuitvoere na China gestyg het en in dieselfde tydperk na die VSA gedaal het.

Dié daling is te wyte aan verminderde energieaanvraag in Amerika, asook ‘n groter Amerikaanse afhanklikheid van ru-olie ingevoer uit Afrika en Kanada.

Riyad het China se groeiende energieverbruik aangemoedig deur gesamentlike ondernemings te vestig om ru-olie te raffineer.

China word deur die Saoediërs as ‘n betroubare en bestendige invoerder beskou, iets wat die groot Arabiese olieprodusente reeds etlike jare as wenslik sien.

Barack Obama, aan die ander kant, wil die VSA speen van buitelandse energie en die gebruik van hernubare brandstowwe aanmoedig, terwyl Saoedie-Arabië stabiele markte vir hul uitvoere soek.

Hierdie uiteenlopende sienings sal die agtergrond verskaf vir die besoek van Steven Chu, die Amerikaanse energiesekretaris, aan Riyad wat dié week plaasvind.

Tydens die besoek sal die VSA ook tegnologie bespreek en die fokus sal nie so sterk op oliepolitiek val nie.

Washington se verminderde afhanklikheid van Saoedie-Arabië se olie sal nogtans die Amerikaanse ekonomie knou indien daar probleme ontstaan in die Midde-Ooste.

China raak algaande meer afhanklik van Saoedie-Arabië en Iran se olie, en dit sal dié land se fokus in die streek verskerp.

Die VSA het 998 000 vate per dag van Saoedie-olie ingvoer in 2009, die laagste sedert 1988.

Die Chinese voer sedert Desember meer as 1 miljoen vate per dag in, ‘n sielkundige grens wat oorgesteek is. Die aantal vate het oor die afgelope drie jaar verdubbel.

Saoedie-Arabië se Aramco-maatskappy het voorheen ‘n politieke beleid gevoer mbt uitvoere en aan die VSA voorkeur gegee. Volgens kenners is dié beleid in 2003 hersien om sakebelange voorop te stel.

casinos onlineФильчаков прокурор харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.