Afrikanerpaddas kook gaar

Deel op

Dis lekker warm hier...Dit lyk my die Afrikaners sit en wag soos die padda in die bak  water wat al warmer gemaak word. Uiteindelik as die Zimbabwe-fase finaal in SA realiseer, is die “padda” waarskynlik half of heeltemal gaar en kan “dit” (die Afrikaners) nie meer uit die bak water spring nie (hulself teen die toestand verskans nie).

Hoe gaan die ontkennende  Afrikaners gemobiliseer word om daadwerklik teen die ANC se groeiende vloedgolf ellende op te staan en wie gaan dit doen? Nasperskoerante se leserskommentaar op berigte en briewe oor ANC-vergrype is deurspek van woede, maar dit bly ook net by keelskoonmaak. Ek sien nie vordering, uitgesonderd Afriforum se aksies, met daadwerklike optrede uit Afrikanergeledere nie.

Was Max du Preez dalk reg met sy voorspelling dat daar min Afreikaners is wat bereid is om enigsins te ontbeer vir ‘n beter bedeling?

люстры италия брендыАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.