Jode is ‘baas van die plaas’

Deel op

Elkeen van ons het ‘n begeerte om ‘n stuk grond te besit en daarop te boer. Om die baas van jou eie plaas te wees en ‘n bestaan te maak deur boerdery is die strewe van die meeste Afrikaners. Dit is ons definisie van vryheid. Ons wil in vrede gelaat word om te kan boer.

Ons leef egter in ‘n wereld wat stelselmatig deur Joodse mense oorgeneem word. Ek is nie anti-Semities nie, en ek weet dat daar goeie Boerejode is wat ook Afrikaners is, maar sekere groep Jode glo dat hulle alleen die volk van God is en dat alle heidene ondergeskik aan hulle is. Hulle glo dat hulle die wêreld behoort te beheer, en doen dit ook deur die finansies, groot maatskappye, grondstowwe, banke, ens. in elke land beheer en deur die regerings wat hulle goedgesind is te befonds. Dit gebeur tans regoor die wêreld.

Hierdie Jode glo dat hulle heidene behoort dood te maak wat in hulle pad staan. So is die wêreldoorloë gebruik om hulle vyande te vermorsel (vors gerus na oor Hitler en Mussolini se Britse konneksies), en so het Josef Stalin meer as 100 miljoen mense in die vorige eeu vermoor.

So het Rhodes, wat deur die Rothschilds befonds is, gesorg dat tot 50 000 Afrikaners van ellende sterf ná die oorlog. So word daar heelwat Afrikaners jaarliks vermoor met die “seën” van die Oppenheimer-befondste ANC. En ons moenie dink dat hulle klaar is met ons nie. Hulle sal nie rus voordat die laaste een van ons geneutraliseer is nie.

Die Bybel sê dat die een wat leen die slaaf is van die een wat uitleen. So het die Jode die hele wêreld verslaaf en voer hulle oorlog d.m.v. die VSA se oorlogsmasjien teen die paar lande wat nie saamwerk nie .

Die Afrikaner en sy vryheidstrewe val nie so lekker in by die Jode se planne om die wêreld te oorheers nie. Die grond waarop ons wil boer, bevat die grondstowwe wat hulle wil myn. Daarom is ons nou besig om die pad van die blanke volk in Rhodesië te volg. Ons is besig om uit te sterf.

Ons Afrikaners bevind onsself weer in die posisie waarin die trek van Piet Retief hom bevind het. Ons is omring deur die vyand en daar is geen menslike uitkomkans nie. Hierdie keer is daar egter nie veel Afrikaners wat wakker genoeg is om die vyand rondom die laer raak te sien nie. Hulle is te besig om die Bulle te ondersteun, in hulle 4×4’s te ry en Naspers se stories te lees. Die oogklappe van die NSA se leë beloftes en hulle geloof dat God in beheer is laat hulle soos paddas die louwarm water van die pot op die vuur geniet.

In my skoonpa se gang hang daar ‘n ou portret wat koue rillings by my ruggraat laat afgaan elke keer as ek dit sien. Hulle het dit saamgebring toe hulle gevlug het. Dit is die buitelyne van die kaart van Rhodesië; daar is ‘n wit soldaat met ‘n geweer en daar staan: “As my volk hulle verootmoedig en bid, en My aangesig soek, sal Ek uit die hemel hoor en hulle land genees.”

Rhodesië het in die laaste tyd twee groot geestelike herlewings beleef. Die eerste was tydens die oorlog, en die tweede een toe die plase gevat is. Met Buchan se herlewing stewig aan die gang, herinner dit sterk aan die herlewings wat Rhodesië beleef het. Die skrif van ons volk se vernietiging is aan die muur, mense.

заливающий светильникДанильченко Юрий Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.