Man vlieg doelbewus in gebou in

Deel op

‘n Man van Texas het Donderdag sy huis aan die brand gesteek, toe ‘n klein vliegtuig gesteel en met dit in ‘n gebou van die inkomstediens vasgevlieg.

Volgens een van die beamptes was dit ‘n doelbewuste daad.

Die vliegtuig het die tweede verdieping, van die vierverdieping gebou omstreeks 16:00 getref. ‘n Massiewe ontploffing het gevolg, met honderde mense wat na veiligheid gevlug het.

Geen verbintenis met terreur word tot dusver vermoed nie.

Twee mense is gehospitaliseer, met een persoon wat steeds vermis word. Maar brandweerbeamptes vermoed almal is na veiligheid geneem en die gebou ontruim.

“Die gebou het begin skud, amper soos ‘n aardbewing,” het een van die ooggetuies vertel.

купить свитер для мальчика 14 летФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.