Niger se junta skop nes

Deel op

Niger se nuwe militêre leiers het tenks en bakkies wat met masjiengewere belaai is, buite die ontvoerde president Mamadou Tandja se paleis parkeer.

Volgens AFP het militêre voertuie met outomatiese masjiengewere ook buite die kantore van die eerste minister en die buitelandse ministerie gestaan.

Die junta het nog nie bekend gemaak waar hulle die 71-jarige president aanhou nie.

Volgens Tandja se regering word hy by ‘n militêre basis op die buitewyke van die hoofstad Niamey aangehou.

Daar was geen teken van nuwe geweld ná Donderdag se gevegte buite die paleis waar drie soldate doodgemaak is en Tandja ontvoer is nie.

Gewapende rebelle is reeds die afgelope twee jaar in skermutselinge met die regering betrokke om ‘n deel van die uraanrykdom te bekom. Niger sal teen 2012 die wêreld se grootste uraanmyn bedryf.

Frankryk se Areva-maatskappy is die grootste aandeelhouer in die myn en die EU-land is afhanklik van die uraan vir hulle kernenergieprogram.

Danksy Areva is Frankryk die vierde grootste uraanprodusent ter wêreld en die leier in kernenergie. Bykans 80% van Franse krag word deur kernenergie opgewek.

Niger is in 2007 geskud deur anti-Areva betogings toe duisende inwoners teen die Franse maatskappy wat al 40 jaar in die land teenwoordig is, in opstand gekom het. Areva is uitgesonder vir kritiek aangesien die maatskappy slegs 0,5% van hulle jaarlikse wins aan Niger afstaan.

Niger is steeds een van die armste lande ter wêreld. Volgens ‘n ooreenkoms tussen Frankryk en Niger wat in 2007 gesluit is, mag Niger ook ooreenkomste met China en Indië aangaan wat hulle voorheen nie beskore was nie.

Volgens ingeligte bronne het China militêre steun aan Niger verleen in ruil vir uraanregte.

 

турецкий хамамлобановский александр игоревич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.