Tiger Woods is selfsugtig sê Els

Die voormalige nr. 1-gholfspeler Ernie Els sê Tiger Woods is selfsugtig om sy mediakonferensie te laat saamval met ‘n groot toernooi.

Woods sal na verwagting Vrydag sy eerste openbare verskyning maak sedert sy buite-egtelike verhoudings drie maande gelede aan die lig gekom het.

Dít is op die derde dag van Accenture se Wêreldputjiespel-toernooi in Arizona.

“Dit is selfsugtig,” het Els aan die tydskrif Golf Week gesê.

“Ek voel jammer vir die borg. Maandae is goeie dae om verklarings te maak, nie Vrydae nie. Dit neem baie weg van die toernooi.”

Die konsultantegroep Accenture was een van die eerste maatskappye om bande met Woods te verbreek ná sy buite-egtelike verhoudings onthul is.

“Dit was die eerste ding waaraan ons almal gedink het, dis asof hy Accenture wil terugkry – en dat die PGA-toernooi deel van alles is,” het ‘n anonieme gholfspeler aan die tydskrif gesê.

Mark Steinberg, Woods se agent, het aan Golf Week gesê hy het Accenture laat weet oor die konferensie wat 11:00 gehou word.

Steinberg het vroeër gesê Woods wil “die proses van versoening begin en dit is wat hy gaan bespreek”.

Hy het egter gesê dit is nie ‘n nuuskonferensie nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.