Skeltaal vir wittes

Deel op

Ek was al self in die moeilikheid nadat ek Herman Charles Bosman se werke aan studente voorgelees het wat deurspek was van die k-woord.

NUUT!

Die skelwoord vir witmense deur Sothosprekers is ‘lekgowa’, meervoud ‘makgowa’. Die spreker sal hom- of haarself nietemin dadelik verdedig as jy sê dis ‘n skelwoord. 

Met my omswerwinge in beide die Nguni- en Sothotale het die woord ‘lekgowa’ my deurentyd gepla omdat daar altyd draaie geloop is om die woord deur die moedertaalsprekers.

Totdat ek eendag ‘n Sepediboek gelees het en op die volgende reël afgekom het: [G]o etela makgoweng a dimpsa le maribeng a ditswene (die-ng agter makgowa dui lokaliteit aan). Vry vertaal beteken dit: “Om te kuier by die ‘makgoweng’ van die honde en die slaapplek van die bobbejane.” Dit het my vermoede bevestig dat dit ‘n skelwoord moet wees.

Die woord is ‘n Sothowoord en is nie ontleen uit ‘n ander taal nie. Dus was die woord daar voordat die inheemse swart volke met die Westerse beskawing in aanraking gekom het.

Die werklike betekenis van die woord word seker in stamskole geleer. Maar soos hulle sê: Koma ke sephiri, oftewel “Die stamskool is ‘n geheim”.

Die naaste wat ek kon kom aan die betekenis is iemand wat pla, uittart, skreeu.

Ek sou die woord in dieselfde katagorie plaas as ‘kaffer’. Lekgowa word algemeen op straat en werkplek gebesig. Dit pla egter nie die wittes nie want hulle ken nie die tale nie.

Die wat ‘lekgowa’ gebruik kapitaliseer op die onkunde van ander. Hoeveel was al in die moeilikheid oor die k-woord, maar nog nooit is iemand aangespreek oor lekgowa nie!

Dis tyd dat die mense ingelig word oor die ware toedrag van sake en die woord verwyder word uit die openbaar en wetboeke.

инвертор сФильчаков Александр Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.