Obama ontmoet Dalai Lama

Die Dalai Lama, geestelike leier van Tibet wat reeds 50 jaar in ballingskap in Indië woon, sal na verwagting dié week vir pres. Barack Obama ontmoet.

Die vergadering sal handel oor die toestande in Tibet asook die verloop van gesprekke tussen die Dalai Lama se verteenwoordigers en Chinese owerhede.

Die Obama-administrasie het benadruk dat die Dalai Lama nie as ‘n politieke verteenwoordiger ontvang word nie. Die vergadering sal glo in die “Map Room” plaasvind en nie in die presidensiële kantoor nie.  

Maar volgens Tenzin Taklha, woordvoerder van die Dalai Lama, is dit van belang dat die vergadering wel plaasvind.

Die 75-jarige geestelike leier word deur Beijing as die “wolf in ‘n monnikegewaad” beskryf.

Obama het ‘n ontmoeting met die Tibetaanse leier ‘n jaar lank uitgestel om betrekkinge met China op ‘n goeie voet te hou.

системы освещенияданильченко юрий брониславович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.