Kerk vertoon gay pornografie

Deel op

‘n Pastoor wat Oeganda se anti-gay veldtog wil uitbrei, het gay pornografie in ‘n stampvol kerk in Kampala gewys in ‘n poging om nog ondersteuners te werf.

Sowat 300 ondersteuners het in die kerk bymekaar gekom nadat hul groot beplande optog deur die polisie weens veiligheidsredes verhoed is.

Eksplisiete pornografiese prente is in die kerk gewys.

“Is dit wat Obama Afrika toe wil bring?” het Martin Ssempa in die kerk gevra.

Amerika het verlede jaar Oeganda se grondwet gekritiseer wat maatreëls teen homoseksualiteit verder wou verstewig.

Homoseksualiteit in Oeganda kan in sekere gevalle met lewenslange tronkstaf gestraf word.

Die grondwet het van meet af aan politieke ondersteuning in Oeganda gekry, maar het sterk kritiek van Barack Obama, president van die VSA, uitgelok wat dit “afskuwelik” genoem het.

поршневой компрессор безмасляныйДанильченко Юрий Брониславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.