Reaksie op die 2010/2011 begroting

Deel op

Mnr. Pravin Gordhan het daarin geslaag om te midde van baie moeilike finansiële omstandighede ‘n gebalanseerde begroting voor te hou.

Die afgelope week was ‘n belangrike week vir Suid-Afrika deurdat die President in sy repliek aangedui het dat die nasionalisering van myne nie die regering se beleid is nie en dat minister Gordhan in sy begrotingsrede aangedui het dat die reserwebank onafhanklik moet bly met spesifieke inflasieteikens.  Hopelik sal dit die raserige ekonomiese debat binne die regerende alliansie stil maak en buitelandse beleggers se vertroue in Suid-Afrika herbevestig.

Die VF Plus verwelkom die verhoging in ouderdomspensioen en die feit dat persoonlike inkomstebelasting nie verhoog is nie. Deurdat die Minister R70 miljard minder as verwagte inkomste kry, was daar wye bespiegeling dat daar geen verhoging van toelaes gaan wees nie en dat persoonlike inkomstebelasting sal moet verhoog.

Die 25% verhoging van belasting op brandstof is ‘n fout wat groot druk op reeds swaar belaste motoriste en die inflasiekoers gaan plaas. Hierdie belasting gaan gebruik word om ‘n brandstofpypleiding te bou. Die vraag is of die motoriste werklik enige voordeel hieruit gaan kry. Dit is dieselfde verkeerde benadering as wat deur Eskom gebruik word waar tariewe verhoog word om ‘n kapitaalprojek te finansier.

Die VF Plus verwelkom die groenbelasting op motoruitlaatgasse as ‘n eerste ernstige stap van die regering om ‘n werklike bydrae tot besoedeling en aardverhitting te maak.

Vir sewentien jaar het Suid-Afrika nie ‘n resessie ondervind nie en was daar telkens ‘n oorskot belastinginkomste vir die staat. Vir die eerste keer word daar nou in die nuwe finansiële jaar van staatsamptenare verwag om ernstig te besnoei en meer te doen met minder geld. Die groot vraag is of die staatsdiens, wat vir dekades nie in so ‘n situasie was nie, hierin sal kan slaag. Met volgende jaar se begroting sal ons weet tot watter mate hierin en met die nuwe korrupsie-maatreëls geslaag is.

справки в универ по болезниДанильченко Юрий Брониславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.