Colleen van Eyk, Sun City se bestuurder van openbare betrekkinge, is Sondagnag enkele dae voor ‘n Fifa-byeenkoms by dié hotel, vermoor.
Beeld berig sy is verwurg aangetref in haar woonstel by die oord.
Dié grusame moord is ontdek enkele dae voor die aanvang van ’n internasionale konferensie van die sokkerbeheerliggaam Fifa.
Die Fifa-konferensie begin hierdie Vrydag. Fisioterapeute van al 32 deelnemende sokkerspanne is in Suid-Afrika om deel te neem.
Die konferensie word opgevolg deur van die nasionale spanne se afrigters se byeenkoms.
Fifa wou nie Dinsdagaand kommentaar op die moord lewer nie.