Uitstappery bevorder nie demokrasie

Deel op

Die VF Plus het nie met die beslissing van die agbare adjunk-speaker saamgestem dat die opmerkings van mnr. Muleleki George van Cope onparlementêr is en derhalwe deur hom teruggetrek moet word nie. Vryheid van spraak en lede van die Parlement se reg om hulle standpunte onbevange in die Parlement te stel, is ‘n basiese fundamentele reg wat aan die hart van ons demokrasie lê.

Die gevestigde praktyk vir baie jare in Parlemente is dat indien ‘n spreker onparlementêre uitsprake maak wat reflekteer op die integriteit van enige ander lid, hy verplig word om dit terug te trek. Daarenteen staan dit enige lid vry om die beleid of besluite van ‘n politieke party skerp te kritiseer en is dit sy of haar goeie reg.

Die VF Plus is van mening dat mnr. George nie na enige spesifieke agbare lid verwys het nie, maar wel na die algemene politieke rigting waarheen in Suid-Afrika beweeg word. Die VF Plus was egter verder van mening dat hierdie saak op die gepaste wyse reggestel behoort te word.

Dit moet gedoen word deur die saak op te neem by die Parlement se Reëlskomitee wat hiermee werk. ‘n Emosionele uitstappery soos wat deur Cope en die DA vanmiddag gedoen is, bevorder nie hierdie saak nie. So ‘n uitstappery versterk die ANC se siening dat hy as ‘n enkele party oor die funksionering van die demokrasie in Suid-Afrika kan besluit. Dit durf nie toegelaat word nie.

купить силиконовый ниблер в интернет магазинеАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.