ANC slaan bal mis oor grondsake

Deel op

“Stille diplomasie jeens Robert Mugabe se grondroof en versuim om die breë publiek in te lig oor die armoedegevolge van die uitdeel van onlewensvatbare lappies grond in ‘n marginale landbouland, eerder as grondpryse moet die skuld kry vir die regering se dilemma met grondhervorming.

“Terwyl die regering steeds volhou met sy stelling dat hy lewensvatbare kleinboere wil vestig, verstrengel probleme binne die Departement van Grondsake die grondhervormingsproses en word die blaam steeds, te midde van talle bewyse tot die teendeel, op boere geplaas,” aldus ds. Theunis Botha. Leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP) en waarnemende voorsitter van die Christen-Demokratise Alliansie (CDA).

Botha het gereageer op ‘n stelling van die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Gugile Nkwinti, dat die regering nie die beginsel van vrywillige verkoper, vrywillige koper, kan bekostig nie.

“Boonop verplig die Suid-Afrikaanse grondwet die land om internasionale ooreenkomste te respekteer. Ook die Afrika-Kommissie vir Mense- en Groepregte erken eiendomsreg en dat die billike kompensasie by onteiening betaal moet word.

“Ons stel voor dat die regering eers ‘n behoorlik grondoudit hou, omdat verskeie gesaghebbende studies toon dat die 30 % teiken van swart besit lank reeds bereik is. Die regering se weiering om so ‘n oudit te hou lyk toenemend verdag.”

детские магазиныАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.