Looi Amerikaners Obama omdat hy ‘smart’ is?

Deel op

“Dit is tyd om Obama en die Demokrate se mislukte progressiewe eksperiment van die afgelope jaar te beëindig.”

Dat hierdie stelling deur ‘n Republikeinse senator in die deelstaat Montana gemaak is, is nie nuuswaardig nie. Wat nuuswaardig is, is dat die Republikeine by die dié kongres ‘n rekordgetal deelnemers getrek het, aldus die Montana Standard.

Nog interessanter is dat dié koerant in dieselfde uitgawe ‘n artikel van ‘n swart rubriekskrywer van die Miami Herald, Leonard Pitts Jnr, dra. Dit is die opskrif van sy rubriek wat die oë laat rek: Palin should run for president.

Sen. Denney Rehberg sê hy sien nie net rekordskares by partykongresse nie, maar ook openbare vergaderings in stadsale.

Nogtans gee Rehberg toe dat Obama, meningspeilings tot die teendeel ten spyt, as persoon gewild bly en dat mense graag wil sien dat hy suksesvol sal wees.

Dis egter Obama se beleidsrigtings wat in die stof byt, aldus Rehberg.

“Ons het beleid nodig, nie politiek nie,” sê Rehberg.

Die Republikeine wat in dié artikel aangehaal word, rep nie ‘n woord oor die rol wat die “tea party”-beweging speel om gewildheid in konserwatiewer waardes en dus die GOP (Grand Old Party, oftewel Republikeine) te stimuleer nie.

Hierteenoor noem Pitts dit wel.

Sy idee dat Sahrah Palin as kandidaat van die GOP, en die vaandeldraer van die tea party, aan die volgende presidentsverkiesing deel moet neem, is om die Amerikaners eens en vir altyd te dwing om te besluit watter soort Amerikaners hulle wil wees.

Pitts stel dit ter aanvang dat hy nie sy wens daarop baseer die keuse vir Palin in effek ‘n vrypas aan Obama vir herverkiesing sal sorg nie. Veel meer sal dit Amerikaners dwing om keuses tussen hipokrisie en integriteit, en tussen onnoselheid en ingeligtheid te maak.

Dit is ook net hier waar Pitts se versuikerde woorde vir Palin uitloop. Hy trek verwoed los onder die kritiek wat sy op Obama loslaat, en beskuldig haar van soortgelyke optrede. Hy beskuldig haar daarvan dat sy Obama oor sekere sake kritiseer, maar dan nie in staat is om voorbeelde te noem van wanneer Obama hom daaraan skuldig gemaak het nie.

Die “tea party”-beweging word as ‘n “so-called” afgemaak, maar verswyg dat ‘n gesaghebbende peiling bevind het dié beweging, wat maar aan die einde van verlede jaar tot stand gekom het, reeds meer steun as die demokrate trek. Hy probeer nietemin ‘n wig tussen haar en die tea party indryf deur te beweer sy verteenwoordig nie konserwatisme nie, maar  die laaste bastion van aniti-intellektualisme wat periodiek in die Amerikaanse karaktereienskappe opduik. Hy skryf dit aan ‘n opvatting onder Amerikaners toe dat iemand wat “smart” is net nie te vertrou is nie. Hy glo kennelik dat Obama die “smart” een is.

Dit is duidelik dat hy meen Palin se gebreke bied aan Obama die beste opsie om polities te oorleef.

бани фотоалександр лобановский харьков класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.