Pieter Mulder se toespraak

Deel op

“Misdaad en die feit dat Suid-Afrikaners nie meer veilig in hulle eie huise voel nie, is een van die ernstigste probleme in die land. As die president dan slegs enkele sinne in sy toespraak aan misdaad wy, beteken dit dat misdaad nie ’n prioriteit van die regering is nie,” het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier en adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye in die Parlementêre debat oor president Zuma se staatsrede gesê.

“Wanneer gaan die ANC leer om nie die rassekaart te gebruik as hulle van iemand anders verskil  nie?” het dr. Mulder gevra.

“Waarom moet al 36 Universiteitskampusse in Suid-Afrika Engels wees? As ek argumenteer dat ten minste twee of drie van hierdie kampusse oorwegend Afrikaans moet wees, met wit, bruin en swart Afrikaanse student, dan word dit deur regeringswoordvoerders ‘bedekte rassisme’ genoem.”

“As jy ’n Afrikaanse kunstefees hou, is dit skielik rassisme, maar ’n Zoeloe-fees in KwaZulu-Natal is nie.” 

Dr. Mulder het die president se aankondiging verwelkom dat daar subsidies ingestel gaan word vir maatskappye wat jong onervare werkers aanstel. Hy wou egter weet of hierdie voorstel ook vir jong wit werkers geld.

“Die regering maak ’n groot fout as hulle nie kennis neem van die groeiende weerstand en polarisasie wat regstellende aksie by veral jong mense veroorsaak nie. Die swart ryk en middelklas is reeds aansienlik groter as die wit ryk en middelklas. Regstellende aksie neem tans slegs ras in ag en nie ekonomiese vermoë nie. Om watter rede moet ’n swart miljoenêr se kind deur hierdie maatreëls bevoordeel word, terwyl ’n arm wit kind benadeel word?” het Mulder gevra.

проекты яхт для самостоятельной постройкилобановский александр

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.