Treine bots in België

Deel op

Twee passasierstreine het Maandag in die Belgiese stad van Halle, suid van Brussel, gebots. Verskeie mense is beseer en heelwat ander is nog in die waens vasgekeer, het die polisie gesê.

Die twee treine het kop-aan-kop teenmekaar gebots, een kilometer vanaf Halle-treinstasie. Daar is nog nie vasgestel hoeveel mense in die ongeluk beseer is nie.

Die ongeluk het gedurende oggend-spitstyd plaasgevind.

брекет системаtopcargo

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.