Obama se beeld geskuif

Owerhede het ‘n standbeeld van Barack Obama in Indonesië se hoofstad verwyder, en dit Maandag na ‘n nabygeleë laerskool geskuif, wat die Amerikaanse president as ‘n kind bygewoon het.

Die brons standbeeld, wat deur ‘n kinderfoto van Obama geïnspireer is, waar hy op tienjarige ouderdom met ‘n kortbroek en ‘n skoenlapper op sy uitgesteekte duim staan, word gekritiseer sedert dit verlede jaar in Desember in Djakarta se park staangemaak is.

Kwaadwilliges meen dat ‘n Indonesiese held in plaas van Obama vereer moet word, omdat hy steeds politieke beleide in werking kan stel wat Indonesië skade kan berokkeni.

Obama, wie se Amerikaanse ma met ‘n Indonesiër getroud was, nadat sy van Obama se Keniaanse pa geskei is, het vanaf 1967 tot 1971 in die hoofstad skoolgegaan, en word deur baie Indonesiërs as toegeneë beskou.

Edi Kusyanto, ‘n onderwyser by die skool wat Obama bygewoon het, het gesê die 110cm standbeeld sal op die skoolgronde wees wanneer die president Djakarta in Maart besoek.

Die standbeeld is deur privaatskenkings opgerig, maar goewerneur Fauzi Bowo betaal nou vir die verskuiwing.

Ron Mullers, ‘n Amerikaner wat in Djakarta woon, en wie met die idee vorendag gekom het om geld vir die standbeeld in te samel, wou nie kommentaar lewer oor óf hy dink mense oorreageer nie.

Indonesië is die tuiste van die wêreld se grootste Moslem bevolking, en baie mense hier glo dat Obama verhoudinge met die Weste gaan verbeter.

осенний комбинезон для девочкиАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.