Helen Zille, DA-leier, het tydens ’n mediakonferensie by die parlement teen die nasionalisering van die myne gewaarsku.
Volgens haar is nasionalisering van die myne nie ‘n kwessie wat enige steun in die kabinet geniet nie.
Sy het ook gesê dit kan Suid-Afrika 10 jaar terugsit. “Ons het uit die semi-staatsinstellings geleer dat dit nie baie doeltreffend is nie. Die laaste ding wat ons wil hê, is om nóg tien jaar te verloor deur hulpbronne in ondoeltreffende, yslike staatsondernemings te stort.
“Dit kan hulpbronne wegneem van produktiewe beleggingsbesteding wat aansporings en meer ekonomiese aktiwiteit kan skep.
Sy het gesê dit is die verkeerde soort debat en ‘n mors van tyd.
Die grootste struikelblok in ekonomiese ontwikkeling is volgens die DA-leier is nie die eienaarskap van myne nie, maar die gebrek aan vaardighede in die onderwysstelsel.