Voormalige RAU: slegs 2 uit 31 raadslede nog Afrikaners

Deel op

Image

RAU: Afrikanerkerkhof?

Slegs 2 uit 31 raadslede (waaronder 8 blankes) van die voormalige Randse Afrikaanse Universiteit in Johannesburg is nog Afrikaners. Ook die rektor van die universiteit is ’n ondergekwalifiseerde bruinman, Iron Rensburg, wat hom by voorkeur in Engels uitdruk. Die skouspelagtige ineenstorting van Afrikanerinvloed aan dié universiteit is deels te wyte aan wat personeel aan dié universiteit die “kapitulasie” van die vorige bestuur noem en deels aan Kader Asmal, die vorige anti-Afrikaanse onderwysminister, se kwaadwillige samesmeltingsprogram.

Deel op

Die RAU is in die vroeë sewentigerjare opgerig om in die vraag na tersiêre onderrig in Afrikaans aan die Rand te voorsien. Geldinsamelingsveldtogte is regoor die land, maar veral in Johannesburg, asook die Oos- en Wesrand deur Afrikaners gehou om die droom van ’n Afrikaanse universiteit in Johannesburg te verwesenlik. Ook die voormalige Broederbond het ’n groot rol gespeel om die destydse Nasionale Partyregering te oorreed om ’n Afrikaanse universiteit in Johannesburg op te rig.

Image

Kader Asmal

Weens die nabyheid van dié universiteit, kon laermiddelklasouers aan die Oos- en Wesrand vir die eerste keer hul kinders universiteit toe stuur en het ’n hele geslag Afrikaners sodoende toegang tot universiteitsonderrig verkry.

Die verbeeldingryke moderne argitektuur van die RAU is indertyd deur kenners geloof as die versinnebeelding van die moderne, stedelike Afrikaner. Sommige Engelstalige kritici het dit egter as ’n “betonlaer” afgemaak.

Sedert Asmal se vyandige samesmelting van die RAU, die Witwatersrandse Technikon en die Vista-universiteit in Soweto, is die RAU herdoop tot die “University of Johannesburg” en het die voertaal insgelyks Engels geword, hoewel sommige klasse nog in Afrikaans aangebied word terwyl dié taal uitgefasseer word.

Image

UJ verkies Indi?rs of swartes

Op die webblad van die University of Johannesburg word die tipiese student deesdae as hetsy ’n Indiër, hetsy ’n swarte, uitgebeeld (sien foto links).

Die meerderheid van die doserende personeel, tot sewentig persent, bestaan egter steeds uit Afrikaners. Die RAU bied daarom ’n studie in Afrikanerondergang, hoe ’n eens trotse instelling wat Afrikaans voorop gestel het, binne slegs enkele jare ’n radikale “transformasie” ondergaan het.

Toenemend word daar ook van Afrikanerpersoneel verwag om ondergeskikte posisies teenoor swart akademici in te neem, terwyl hulle steeds “die werk moet doen”. In een so ’n voorval is ’n Afrikaanse vrou gevra om terwille van “transformasie” ’n swart dekaan te aanvaar, met dien verstande dat sy al sy administratiewe en bestuurspligte moet uitvoer. Sy het egter geweier en aangebied om te bedank. Hierna is sy in die dekaanspos aangestel, ’n rare voorbeeld van Afrikanerverset aan die voormalige RAU waar die gees van oorgawe spookagtig deur die blink gepoleerde gange sweef.

 

современное протезирование зубовФильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.