Politieke meetsnoere van die geldmagte

Deel op

Malema, hofnar en mondstuk vir die ANC regering, raak toenemend opdringerig oor die nasionalisering van die Suid-Afrikaanse myne. Mandela het met fyn tydsberekening intussen sy goedkeurende seël daarop geplaas en ‘n ander dimensie daaraan verleen.

Hierdie dimensie hou beslis vir die wêreldgeldmag ‘n bedreiging in, wat hulle tot onmiddellike optrede verplig het. Volgens Max du Preez wat blykbaar sy oor op die ANC-grond het, loop die wit mynbase Malema se drempel plat om hom met behulp van die tjekboek tot ander insigte te bring. Du Preez sê tewens Malema se fabelagtige rykdom is te danke aan hierdie gebare van die mynboubedryf se welwillendheid.

Dalende mynbouproduksie van naby 7% in 2009 is hoofsaaklik veroorsaak deur die daling van diamantverkope. Anglo American het glo ‘n gesonde 450 miljoen dollar daarin gepomp om die bedryf ‘n hupstoot te gee deur die myne wat gesluit is weer in produksie te bring.

Die Britse monargie se belangstelling is ook gaande oor die aangeleentheid. Sopas is ‘n uitnodiging van koniging Elizabeth aan president Zuma gerig.  Die koningin het hom genooi vir n kuiertjie by haar in Buckinghampaleis – van die 3de tot die 5de Maart 2010 – waarna ons vermoedelik nie weer n woord sal hoor oor die nasionalisering van die myne nie.

Of het ek die kat aan die stert beet?

designer bridal accessoriesтопкарго отзыв

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.