Wie is die Afrikaners?

Deel op

Die sporadiese debat oor wie nou eintlik Afrikaners is verskaf ‘n kykie in die motiewe van sommige deelnemers. Wees verseker dat diégene wat kopsere het oor ‘n definisie van Afrikaners dieselfde persone is wat gekant is teen enige minderheidsregte aan hulle. Die verlammende debat wat beoog word, is ook hopelik ‘n struikelblok omdat van Afrikaners verwag word om te wonder of hulle hoegenaamd ‘n etniese entiteit sou wees. Dié logika voorsien dat ‘n groep, wat homself nie in presiese terme kan omskryf nie, nie ‘n groep is nie en dus nie as ‘n groep op minderheidsregte kan aanspraak maak nie. ‘n Volk wat egter net met individuele regte, soos die Afrikaners, tevrede is, bestaan nie.

‘n Bekende akademikus en skrywer sê onlangs: “Die term Afrikaner beklemtoon besondersheid en andersheid. Hierdie begrippe is die wese van ‘n étniese identifikasie. Die Afrikaners is ‘n groep mense wat lotsgebonde is en voel dat hulle ‘n besonderse historiese Afrika-agtergrond het. ‘n Groep mense wat begeer dat hulle simbole van kulturele andersheid soos taal en kultuur deur bepaalde instellings in stand gehou word. Vir hulle is die gebruik van Afrikaans as publieke taal nie net ‘n instrumentele handeling nie maar ‘n belangrike eksistensiële en emosionele komponent van hulle identiteit. Afrikaans bevestig hulle betrokkenheid by die huidige on-demokratiese SA.”

Kan ander mense, wat nog nie volledig by hierdie omskrywing betrek word nie, hulle uiteindelik aansluit by die Afrikaners? Net soos ander mense hulle by die Portugese, Iere en Italianers kan skaar en sodoende deel word van ‘n toekomstige lotsverbondenheid is die antwoord op hierdie vraag bevestigend.

Die Afrikanervolk aan die einde van die eeu kan aansienlik anders daar uitsien. Of dalk wesenlik dieselfde bly. Tans speel velkleur ‘n belangrike rol by Suid-Afrika se politieke elite. Etnisiteit en kultuur word egter nog as die belangrikste dryfkragte beskou.

Shalom!

demo slot machineДанильченко Юрий Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.