Kommunikasiesentrum 2010 gestroop

Deel op

Tot die verleentheid van Sepp Blatter en FIFA, het die 2010-kommunikasiesentrum vir 900 joernaliste in Braamfontein, Johannesburg vanmôre omstreeks 9-uur onder ‘n grootskaalse rooftog deurgeloop. Kommunikasie- en videotoerusting van etlike miljoene rande is gebuit.

FIFA se Blatter, wat reeds by herhaling plaaslike waarskuwings oor misdaad en gebrekkige polisiëring as blote “rassisme” afgemaak het, het gister nog TV-advertensies oor “Madiba” laat uitsaai. Die uitsaaisentrum in Smitstraat, Braamfontein, wat in die ou gebou van die YMCA ingerig word, was nog nie gereed nie en kontrakteurs was nog besig om aan die toerusting te werk. ‘n Groep swaar gewapende mans het hulle aangehou en groot hoeveelhede waardevolle kommunikasietoerusting is weggery.

Veiligheidswagte is met vuurwapens oorval en aangesê om met hul gesigte op die grond te lê terwyl die gebou gestroop is. ‘n Woordvoerder het die operasie as “militêr van aard” beskryf. Sommige items wat geroof is, was so groot dat “vyf groot mans” nodig was om dit uit te dra. Die rooftog moes heelwat beplanning en organisasie geverg het, wat toon dat georganiseerde misdaad die sokkerwêreldbeker as ‘n meevaller beskou waarvan sommige vrugte nou reeds gepluk word.

Volgens getuies wat in aanhouding verkeer het, was daar ongeveer 20 tot 25 rowers. Voertuie het stilgehou en gery, terwyl ander voertuie weer in aantog was. Satellietskottels, redigeermasjiene, rekenaars en videomonitors is geroof, genoeg om ‘n hele uitsaaistasie te begin.

штукатурные смеси для наружных работАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.