Natuurramp dreig met plakkers

Deel op

ANC-verkiesingsbeloftes van 2003 is besig om ‘n natuurramp te veroorsaak. So sê me Hannelie Snyman, VF Plus raadslid en die party se woordvoerder oor Omgewingsake aan die Wesrand.

Die Selapatse-plakkerskamp wat deur die ANC aangemoedig is om uiteindelik as dorpsgebied proklameer te word, is op gevaarlike geologiese verskuiwings gevestig wat sinkgatvorming aanhelp.  Politieke druk rondom die 2004 verkiesing het die ANC genoodsaak om van hul plan af te sien, maar die mense het reeds begin om hul plakkershutte daar op te rig.

Die Munisipaliteit van Mogale City het onderneem om nie die uitbreiding van die plakkerskampe toe te laat nie maar meer as 25 000 mense woon reeds in die kamp met gevestigde kerke en kleuterskole.

Die plakkerskamp is op die Oaktree-formasie van die Zwartkrans dolomietiese kompartement geleë waar die grond uiters poreus is en puttoilette en menslike afval watertafels besoedel. Khutsong, Tarlton en groot gedeeltes van die Wieg van die Mensdom word hierdeur geraak en volgens die Munisipaliteit van Merafong City is twee nuwe sinkgate verlede week aangemeld in Khutsong.  Die bekende Blyvooruitsig-sinkgat is op dieselfde geologiese formasie geleë. Die sinkgat op die pad tussen Carltonville en Ventersdorp is na drie jaar nog nie herstel nie.

Die VF Plus waarsku mynhuise en die owerhede gereeld teen die onverantwoordelike besoedeling van die omgewing.  Die VF Plus hou die ANC-regering verantwoordelik vir die onomkeerbare gevolge hiervan.

полиграфлобановский харьков класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.