Zuma daag nie op vir vieringe nie

Deel op

President Jacob Zuma en Winnie Madikizela Mandela het nie opgedaag vir die vieringe by die Drakensteingevangenis nie, volgens ‘n berig in die Cape Argus.

Swart en Indiër ANC-leiers het Donderdag saam by die hekke van die gevangenis uitgestap om Nelson Mandela se vrylating uit die tronk 20 jaar gelede te vier.

Mandela en Madikizela Mandela het op 11 Februarie 1990 dié roete gevolg.

Adjunk-president Kgalema Motlanthe, Zwelinzima Vavi, leier van Cosatu, Gwede Mantashe, die sekretaris-generaal van die ANC, en kabinetsministershet die geleentheid bygewoon.

Duisende ANC-ondersteuners was teleurgesteld omdat Zuma nie opgedaag het nie.

Trevor Manuel en Cyril Ramaphosa het buite die hekke met die media gesels oor hulle aandeel in Mandela se ontvangs op dié historiese dag.

для шиномонтажаОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.