‘Mandela ondersteun nasionalisering’

Deel op

Nasionalisering was ‘n beleid wat Nelson Mandela self ondersteun het, het Julius Malema Donderdag gesê.

Malema het gepraat by ‘n ANC-ontbyt wat by Drakensteingevangenis naby die Paarl gehou is om die 20ste herdenking van Mandela se vrylating te vier.

Malema het gesê dat Mandela ‘n generasie verteenwoordig het wat die ANC van ‘n gemiddelde organisasie na ‘n strydende mag verander het.

Hy sê Mandela het gepraat van nasionalisering as ‘n beleid van die beweging.

“Ons is gekant teen enige helde wat nasionalisering wil teenstaan en sê dit is nie ‘n beleid van die ANC nie,” het Malema gesê.

“Madiba self is beter geplaas om ‘n behoorlike interpretasie te gee van die Vryheidshandves, want hy was op die voorgrond as ‘n hoofvrywilliger.”

Malema het verwys na die ANC se veldtog van openbare teenstand van die 1950s.

Hy het gesê dat Mandela by die Kliptownkongres van die mense ‘n leier was.

“Hy het baie goed verstaan wat die Vryheidshandves beteken. Dus wil vandag se jeug nie toestemming hê van enige individu om op te leef na die verwagtinge van die 1944-generasie nie.

“Mandela en sy generasie het gesê vryheid in ons leeftyd en ons wil vandag ekonomiese vryheid in ons leeftyd verkondig,” het Malema gesê.

генератор для дачи как выбрать цена купитьалександр лобановский супермаркет класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.