Pres. Jacob Zuma se staatsrede

Deel op

‘n Staatsrede met ewe veel weglatings as belangrike sake wat gemeld is, met ‘n groot vraagteken oor of daar dié keer iets op grondvlak van goeie voornemens gaan gebeur.

Terwyl baie gemaak is van die skep van werksgeleenthede en die ekonomie, het misdaad weinig meer as ‘n terloopse vermelding gekry. In die lig van sy later verbintenis tot rekonsiliasie was sy swye oor die omvang ban plaasmoorde hinderlik.

Korrupsie is wel bietjie meer onder die loep geneem, maar daar was geen sterk standpuntinname dat korruptes in die pad gesteek gaan word nie. Trouens, die hele morailiteitskwessie het uitstaande gebly. Hiersonder is die teen-Vigsprogram se tande by voorbaat getrek.

Aan die positiewe kant, is dit bemoedigend dat die skep van intensiewe groen werkgesleenthede is die oog is. In aansluiting hierby die standpunt dat privaat kragvoorsieners ook ‘n groter bydrae sal lewer, en ‘n mens kan maar net hoop dat dit hoofsaaklik na groen krag verwys.

Plek-plek wil ‘n mens bekommerd raak dat van sy adviseurs eerder ideologies as met kennis dink. Met grondhervorming is die gedagte weer eens geopper van die vestiging en ontwikkeling van klein boere om hierdie sektor uit te brei en lewensvatbaar tye maak. Terwyl die president in bykans dieselfde asem na Suid-Afrika as waterarm land verwys, sou ‘n mens begrip verwag dat min dele van die land hom leen tot lewensvatbare kleinboerdery, veral ‘n boerdery wat ‘n betreklik seker inkomste van bokant die broodlyn sal lewer.

Uiteindelik – baie voornemens vir regruk, maar so was daar ook voornemens en selfs ‘n nege man ministeriële taakspan om Balfour se probleme aan te spreek.

Skynbaar was dit ‘n geval van waar een blinde ‘n ander lei, val beide in die sloot.

By Balfour het die hoë vlak span skynbaar dadels vermag en het die dorp maar weer gebrand.

Die land kan maar net hoop dat die staatsrede meer konkrete suksesse as ‘n sterk ministeriële taakspan sal oplewer.

Crime Sceneданильченко юрій Харків

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.