Geweld in Balfour bedaar

Deel op

Dit was “baie, baie stil” in die Siyathembalokasie in Balfour Woensdagoggend na geweldadige betogings wat vroeër in die week daar plaasgevind het, het polisie in Mpumalanga gesê.

Die inwoners het begin kalmeer teen 22:00 Dinsdagaand, het sers. Sam Tshabalala, polisiewoordvoerder, gesê.

“Dit is rustig in die lokasie en ons het lede wat die situasie monitor,” het Tshabalala gesê.

Die polisie het 12 Suid-Afrikaners, mans en vroue, Dinsdagaand vir openbare geweld in hegtenis geneem.

“Van hulle sal ook verbind word met klagtes van opsetlike skade wat aan staatseiendom aangerig is, nadat hulle skade aan ‘n polisievoertuig aangerig het,” het Tshabalala gesê.

‘n Buitelander is ook in hegtenis geneem vir aanranding.

“Daar word beweer dat hy en ‘n groep buitelanders lede van die publiek aangeval het, maar daar moet nog vasgestel word of dit met die geweld verband hou.”

Volgens Tshabalala was daar geen klagtes van beserings gedurende die aand nie.

Twee-en-twintig mense sal na verwagting Woensdag in die landdroshof in Balfour op aanklagte van openbare geweld verskyn.

лампы классикаФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.