Google gaan hoëspoedinternet toets

Deel op

Die Internetreus Google het aangekondig dat hulle gaan eksperimenteer met ultra-hoëspoed breëbandnetwerke wat aan sowat ‘n halfmiljoen Amerikaners internettoegang gaan verskaf wat “100 keer vinniger” is as die huidige spoed.

Google beoog ‘n spoed van een gigagreep per sekonde, wat verbruikers sal toelaat om ‘n hoë definisie, vollengte film in minder as vyf minute af te kan laai.

Hierdie projek gaan saam met pres. Barack Obama se plan om vir elke huishouding in Amerika toegang tot breeband-internet te gee. 

Minnie Ingersoll en James Kelly, produkbestuurders by Google, het gesê daar word beplan om hierdie projek in ‘n paar plekke in Amerika te toets.

“Ons sal ‘n internetspoed verskaf wat 100 keer vinniger is as wat meeste Amerikaners tot toegang het tans,” het hulle in ‘n blog gesê.

Tussen 50 000 en 500 000 mense gaan hierdie diens-eksperiment ontvang.

гидроаккумулятор харьковtopcargo отзывы сотрудников

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.