Polise laat R50 miljoen se dwelms ‘verdwyn’

Deel op

Die polisie se nalatigheid om monsters en materiaal in sy forensiese laboratorium te beskerm, het veroorsaak dat dwelms ter waarde van R50 miljoen op straat beland het, het die DA Woensdag gesê.

“Die forensiese laboratorium verkeer in ‘n krisis,” het Debbie Schafer, DA-polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens die DA se inligting het 11 sakke dwelms wat na dié laboratorium geneem is, tussen 2007 en 2008 verdwyn.

Twee van die sakke is gesteel ná kringtelevisiekameras geinstalleer is, terwyl ‘n beampte wat op kamera met dié sakke betrap is, sedertdien ‘n promosie gekry en ‘n duur huis gekoop het, aldus Schafer.

Dieselfde persoon was ook glo betrokke in ‘n tweede voorval waarin sakke met monsters omgeruil is.

“Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die dwelms wat vermis word nie,” het sy gesê.

Schafer het gesê sy sal aan die afdelingshoof skryf om te verseker dat die nodige veiliheidsmaatreëls in plek gestel word en dat die skuldige beampte geskors en ondersoek word.

Zweli Mnisi, ‘n woordvoerder van die ministerie van polisie, het gesê daar gaan veranderinge die land se laboratoriums plaasvind om te verseker dat hulle ‘n groot aantal monsters kan hanteer.

игры для девочкам 6 летФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.