Namibië sal de Kock aanvaar

Deel op

Die Namibiese dagblad Republikein berig dat dié land se regering Eugene de Kock, voormalige Vlakplaasbevelvoerder, sal aanvaar indien hy kwytskelding kry.

’n Hooggeplaaste uit Namibié het De Kock in die Pretoria-Sentraal-gevangenis besoek en ‘n uitnodiging aan hom gerig. Oudpres. Sam Nujoma is glo bewus van dié verwikkeling.

Die Namibiese minister van justisie, Pendukeni Iivula-Ithana, sê Namibië se beleid van nasionale versoening het hulle genoop om die stap te neem.

De Kock se vader was in 1989 die hoofkiesbeampte in Namibië terwyl hy as hooflanddros in Windhoek gedien het.

пескоструйный рукавлобановский харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.