De Klerk pleit vir versoening

Deel op

Oudpresident Nelson Mandela se vrylating van 20 jaar gelede word vandag herdenk by die gevangenis waar hy destyds as ‘n vry man uitgestap het nadat hy 27 jaar opgesluit was vir hoogverraad.

Die naam van die Victor Verster-gevangenis is intussen na die Drakenstein-gevangenis verander. Dit is Woensdag tot nasionale erfenisgebied verklaar.

Mandela sal nie dié verrigtinge bywoon nie, maar sal wel teenwoordig wees gedurende die staatsrede van president Zuma Donderdagaand.

Oudpres. F.W. de Klerk, wat erg deurloop onder kritiek van sowel die ANC as Afrikaners vir sy aandeel in die vrylating, het nietemin die dag as ‘n spesiale gebeurtenis uitgesonder.

De Klerk het by monde van ’n verklaring gesê die gebeure van Februarie 1990 was ’n oorwinning vir alle Suid-Afrikaners.

“Wanneer ons die vrylating van Nelson Mandela vandag vier, moet ons dit met die wete doen dat ons nuwe grondwetlike demokrasie die skepping van al ons mense en al ons gemeenskappe is.

“Ons moet die dag vier deur onsself opnuut te verbind tot die doel van nasionale versoening – oudpresident Mandela se grootste nalatenskap aan ons mense.”

жадеит свойства дляФильчаков прокурор харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.