Spanning tussen voedselsekuriteit en politiek

Deel op

As die negatiewe en positiewe faktore in die landbou tans opgeweeg word, swaai die skaal in die guns van die positiewe, volgens dr. Pieter Mulder, adjunk-minister van Landbou, Bosbou en Visserye.

Dr. Mulder het as spreker opgetree by die algemene jaarvergadering van die Caledon landbouvereniging. Hy het spesifiek gepraat oor die spanning tussen politiek en voedselsekuriteit en aangetoon hoe ondeurdagte en ideologies gemotiveerde grondhervorming voedselsekuriteit in Suid-Afrika bedreig.

“Die vestiging van bestaansboere is belangrik maar enigiemand wat in Suid-Afrika oor voedselsekuriteit praat en die rol van die kommersiële landbouers daarin ignoreer, is onrealisties,” het dr. Mulder gesê.

Hy het na die mnr Bingu wa Muthanka, president van Malawi en nuwe president van die Afrika Unie, verwys wat voedselsekuriteit as een van die belangrikste prioriteite vir Afrika uitgesonder het.

“Die waardering wat in Afrika bestaan vir ons Suid-Afrikaanse landbouers se vaardighede blyk uit die feit dat reeds 21 Afrikalande versoeke gerig het om Suid-Afrikaanse kommersiële landbouers by hulle te kom vestig. Politieke aktiviste in Suid-Afrika wat so maklik propaganda uitsprake teen ons kommersiële landbouers maak, moet hiervan kennis neem,” meen dr. Mulder

In sy toespraak het dr. Mulder ook minister Tokyo Sexwale gekritiseer oor sy stelling dat Suid-Afrikaanse boere die oorsaak is dat duisende mense na die stede beweeg.

“Om die boere te blameer vir probleme waarmee die regering sukkel, skep ’n negatiewe klimaat wat nie bevorderlik is vir samewerking en veiligheid op die platteland nie,” volgens dr. Mulder.

Verstedeliking is ’n internasionale verskynsels wat in alle Afrika-stede voorkom ongeag of daar kommersiële boere soos in Suid-Afrika is of nie.

Die duisende inwoners van die Oos-Kaap wat uit die ou Transkei en Ciskei na Kaapstad stroom, dikwels met die doel om stempatrone in daardie provinsie te beïnvloed, asook die miljoene immigrante uit Afrika kan op geen wyse voor die deur van die kommersiële boere gelê  word nie.

Wat wel korrek is, is dat die regering die afgelope vyftien jaar groot onsekerheid in plattelandse gebiede geskep het met hulle beleidsrigtings teenoor Suid-Afrikaanse kommersiële boere. Dit is onbillik om te verwag dat boere in landelike gebiede moet belê en meer werk moet skep as hulle geen sekerheid het oor hulle grond, hulle veiligheid en selfs net die voortbestaan van hulle kinders se skole nie.

As die regering hierdie probleme aanspreek, sal hulle verbaas wees oor die goedgesindheid en positiewe benadering by meeste kommersiële boere om landelike gebiede te ontwikkel en om so te help om die verstedelikingstroom te vertraag.

сауны проектыФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.