Piet Retief na emKhondo

Deel op

Die leier van die VF Plus in Mpumalanga, mnr. Werner Weber, het vandag ‘n beswaarskrif oor die naamsverandering van die dorp Piet Retief na emKhondo aan die minister van Kuns en Kultuur, me. Lulu Xingwana, gestuur.

“Die konsultasieproses was uiters gebrekkig.  Die naamsverandering is kwetsend vir die Afrikaner-gemeenskap omdat Piet Retief, die Afrikanerheld, vereer is deur die dorp na hom te vernoem,” het mnr. Weber gesê.

“Die dorp Piet Retief is deur Afrikaners gestig in 1883 op grond wat die Swazi-koning, koning Mswati I, reeds in 1860 aan die Afrikaners gegee het,” het mnr. Weber bygevoeg.

Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier en adjunkminister van Landbou, gaan die naamsverandering van Piet Retief en soortgelyke Afrikanerdorp-naamsveranderinge met president Jacob Zuma bespreek.

раскрутка сайтаФильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.