Google gaan die sosiale netwerk Facebook die stryd aansê. Facebook en Twitter se gebruiksvriendelike kommunikasie gaan deur Google nageaap word.
Die soekenjinreus gaan sy Gmail-gebruikers in staat stel om status-boodskappe en ander items op hul Gmail blaaie te plaas.
Google het onlangs hul soekfunksie verbeter om aan internetgebruikers makliker toegang tot sosiale netwerke te kan gee.
Gmail-gebruikers sal binnekort Facebook-tipe boodskappe kan laai en dan gebruikers laat weet as hulle iets op ander Google blaaie, soos YouTube of Picasa, plaas.
Google voel dat geïntegreerde internetdienste beter werk as losstaande dienste.