MDC vra nuwe verkiesing

Deel op

Volgens die Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC) is ‘n nuwe verkiesing die enigste oplossing vir Zimbabwe.

Austin Moyo, MDC-voorsitter in Suid-Afrika, het Dinsdag die media toegespreek in Braamfontein, Johannesburg en gesê dat die SAOG die nuwe verkiesing so gou moontlik moet organiseer.

Die toespraak is gehou aangesien Suid-Afrikaanse onderhandelaars terug sou gaan na Harare in ‘n poging om oplossings vir die probleme in die koalisieregering te vind.

“‘n Nuwe grondwet en verkiesingswet moet dit [die verkiesing] voorafgaan,” het Moyo gesê.

Volgens Moyo het plaasaanvalle in Zimbabwe toegeneem en Zanu-PF probeer om mag vanaf premier Morgan Tsvangirai weg te neem.

Die koalisie-ooreenkoms, wat Donderdag ‘n jaar oud sal wees, het gesê dat ‘n nuwe grondwet in plek moet wees voordat ‘n nuwe verkiesing mag plaasvind.

Dié ooreenkoms het gestipuleer dat die grondwet binne 18 maande gefinaliseer moet word. Maar Moyo voer aan Zanu-PF vertraag die finalisering hiervan.

Die rede hiervoor, volgens Moyo, is omdat die huidige grondwet in Zanu-PF se guns tel.

Moyo wil hê dat die Suid-Afrikaanse delegasie moet aandring op die finalisering van die nuwe grondwet.

ыгри для дивчат кухнялобановский александр интервью

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.