Toegesneeude amptenare kos miljoene

Deel op

Pas het iets die VSA weer getref wat in Suid-Afrika ondenkbaar is: Die staatsdiens op Capitol Hill het tot stilstand gekom omdat die amptenary weens sneeustorms nie by die werk kon kom nie. Die amptenare se snoesige “vakansiedag” in hul huise kos die VSA $100 miljoen per dag.

Dit het die vraag opnuut laat ontstaan: Behoort so iets so verlammend in te werk, veral in hierdie tyd waar mense met ongelooflik baie kommunikasiemiddele tuis tog nog “aan diens” kan wees?

Die Christian Science Monitor berig dat tot 9 %, of te wel 102 000 amptenare, reeds ooreenkomste met die staat het om van hul huise af te werk, en die regering wil hierdie persentasie nog verder opstoot.

Jare gelede, toe Robert (Taalbul) van Tonder met sy Boerestaat Party (sy spelling) die politieke toneel kleurvol gemaak het, het ‘n koerantredakteur opgemerk dit kos ook net iemand met ‘n tikmasjien en faksmasjien om ‘n politieke party heel sigbaar te kan maak. ‘n Mens kan jou bloot indink hoe sigbaar ‘n eenman-party met ‘n rekenaar, e-pos en die internet kan wees, met nog ‘n selfoon op die koop toe.

Kantoorhuur is duur – nie net in huurgeld nie, maar in skoonmaakkostes, kommunikasieinstrumente, meubels, water en ligte. ‘n Gedesentraliseerde opset waar elkeen, of so veel as moontlik van die personeel van hul huise af werk, klink aantreklik. Voeg hierby die voordele van fleksietyd, sodat kinders by die skole gehaal kan word, en vele meer.

Dit is vanselfsprekend dat nie alle tipes werk hulle tot hierdie soort desentralisasie leen nie. Sekere aanpassings is nodig, soos dat die fokus van werksure na werkslading verskuif. Uit ‘n arbeidsregtelike oogpunt sal die fokus waarskynlik verskuif van werknemers na kontrakteurs.

In Washington lyk dit of dié praktyk, ten spyte van die regering se aanmoediging, stadiger in die staatsdiens posvat as in die private sektor. ‘n Gevestigde gemaksone van veral senior personeel wat traag is om die nuwe kommunikasietegnologie baas te raak, en wat gevestigde werkspatrone soos om gereeld laat te kom, staan in die weg van behoorlike ontplooiing.

teplovoyФільчаков Олександр Васильович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.