Malema moet myne nasionaliseer

Deel op

Ek sien net negatiewe stellings omtrent Malema en sy dreigemente oor die myne se vergrype. Ek het reeds twee jaar gelede vir die ANC geskryf om daaraan te dink: In plaas daarvan om ‘n hele klomp plase te vat wat hulle in elk geval nie weet hoe om te bestuur nie, kan hulle eerder daaraan dink om ‘n paar myne te vat.

Dit sal ‘n paar dinge uitsorteer: Tydens die Anglo-Boereoorlog is ons voorsate uitgemoor omdat Rhodes en sy mede-Joodse vriende die minerale van die ZAR wou inpalm, wat hulle toe ook gedoen het. In die jare van sanksies het die myne steeds uitgevoer en dit het slegs monolopieë buite die landsgrense veroorsaak.

Myne word teen amper geen winste bedryf nie aangesien hulle hoofkantore meestal in die buiteland is (veral Britanje) en deesdae ook China en ander. Die voordeel wat dit vir ons inhou, is feitlik nul, enkele werksgeleenthede, maar eienaarskap sal dit nie verander nie.

Sou Malema wel genoeg steun kry om die myne te nasionaliseer, sal dit immers die winste binne SA hou. Die vervreemding van bates van die geldbase wat ons ondergang bewimpel het, sal my groot genot verskaf.

Verder kan hulle ‘n uitsondering maak: die eienaars moet in Suid-Afrika woon. Dit sal verseker dat die befondsers van ons ondergang ook maar moet deurmaak wat die res moet deurmaak.

Geen SA myn kan dus meer ander aandelebeurse bevoordeel nie.

Op die kort termyn kan dit dalk negatief wees, maar op die langer termyn sal dit goed uitwerk.

m casino poolОлександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.