Die motorvervaardiger Toyota het aangekondig dat hulle die nuwe Prius in Japan herroep weens probleme met die motor se remme.
Die maatskappy het aangedui dat hulle die ministerie van vervoer later op Dinsdag in kennis sal stel of dit die elektriese model Prius ook gaan herroep. Hierdie model is verlede jaar bekendgestel.
Daar word verwag dat tot 300 000 van die Prius-modelle herroep gaan word. Dit volg nadat Toyota reeds sowat agt miljoen motors wêreldwyd moes herroep weens probleme.
Die jongste stap sal twee ander modelle insluit, naamlik die Lexus HS250h sedan en die Sai, wat slegs in Japan verkoop word.
Luidens berigte het Toyota Maandag van hul televisie-advertensies in Amerika van die lug onttrek.