Herrie se kerrie: Piesangrepubliek of nie?

Deel op

Herrie sien die ANC beplan om van die stelsel van Uitspattige Burgemeesters ontslae te raak. Herrie wil tog voorstel dat daar sommer terselfdertyd ontslae geraak word van raadslede wie se munisipale rekenings agterstallig is. Dit sal nou wel, volgens die Uitspattige Burgemeester, in Dihlabeng se geval beteken die raad sal nie meer ‘n kworum hê nie.

En net daar lê die uitkomste dalk. Dan kan die regering die munisipalietit onder administrasie plaas en die Belastingbetalersvereniging vra om sake te kom regruk. As administrateurs.

Want staan, toekennings vir uitstaande diens is veronderstel om niks met uitstaande munisipale rekenings te doene te hê nie.

En Mangaung het nog Dihlabeng se vorige Hoof- Uitvoerende Beampte gaan afvry, en nou lyk die Vrystaatse hoofstad se OG-verslag soos ouma Engela se koekoekhen na sy skielik deur ‘n triestige winterreën oorval is. Met dié verskil, die hen kan darem nog op haar eie pote staan.

Maar Herrie het ‘n spesmaas die ontslae raak van Uitspattige Burgemeesters gaan by leë woorde bly. Want sien, die Kartel van Uitspattige Burgemeesters, beter bekend as die Burgemeesterstaliban (SALGA), sal dit darem heftig teenstaan.

Nog ‘n rede hoekom Herrie meen die goewerment sal maar langtand regruk, is oor die siening van wat bevredigend is. Die koerante skryf nog van “’n beheptheid met middelmatigheid,” dan wonder Herrie net – as dit is hoe middelmatigheid lyk, hoe lyk swak?

Nee kyk, Herrie is baie begerig dat sake nou gou-gou reggeruk word, want Herrie kan die versekering gee as die OG se voorspelling dat ‘n misipaal ophou om as lopende saak voort te bestaan, is dit lelik. Skaars het die OG dié spesmaas oor Mangaung uitgespreek, toe loop die vullislorries nie. Toe staan hulle. Gelukkig nie so erg soos in Pretoria nie, maar darem so dat iemand haar vullis in die Glaspaleis gaan omkeer het.

Herrie hoor ook nou die dag deel van die gasheerstede vir die sokker se verpligtinge is om ‘n klomp inheemse bome te plant. Gelukkig hoef niemand gate hiervoor te grawe nie (die grawe is glo gebreek), dit kan sommer in die slaggate in die strate en op die sypaadjies geplant word.

Dan moet die misipales ook nog vir Fifa tevrede stel dat daar ‘n program is om die vullis te “recycle.” Herrie het ‘n spesmaas die regering misverstaan dié ding, want nou “recycle” hulle die HUB’s en ander wat uitgevang word. Dit beteken hulle meen die spul is “vuilgoed.”

Die soort “recycling” beteken ook die kennis en vernuf word landswyd versprei. So kan die mense iewers in Noordwes by hul administrateur nou die kundigheid van tenderbedrog, baantjies en boeties en so meer leer wat die administrateur as munisipale bestuurder iewers in die Vrystaat opgedoen het.

Herrie wou nog ter afsluiting groet met die wense dat die lesers tog nie op die peisangskille gly nie, maar neef Karools sê dis g’n piesangskille waarop die mense so op straat gly nie.

wedding comb hairtopcargo кидалы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.