Die ANC se vroueliga het by monde van Nosipho Ntwanambi, adjunkpresident, hulle steun aan pres. Zuma toegesê.
Volgens Ntwanambi is Zuma MIV-negatief en word hy gereeld getoets.
Sy het gesê hulle aanvaar Zuma se verskoning onvoorwaardelik omdat die ANC of sy beleidsrigtings nie enige skade berokken is nie.
Sy het gesê die president het reeds sy fout erken en skadevergoeding betaal.
Beeld berig dat Brian Sokuto, ANC-woordvoerder, gesê het die kwessie is afgehandel en dit verskyn nie op die sakelys vir Maandag se beplande vergadering van die nasionale werkkomitee nie.
Zuma sal inwoners van Guguletu Maandag ontmoet om Mandela se vrylating destyds te vier.