Oor die Rubicon

Deel op

Soos katte op ‘n arm plaat. Dis hoe ek, Blik Oor, die liberaliste se Rubicon-praatjies waarneem.

Na die liberaliste aanvanklik gedink het hulle kan die Rubicon net goedpraat sonder dat hul eie geloofwaardigheid in die slag bly, het dit in ‘n toutrekkery ontaard om te kyk wie die meeste fout kan vind oor die afloop van die gevolglike onderhandelings.

Leopold Scholtz skryf in Die Burger (en hulle plaas dit sowaar) dat FW nie sy eerste span ingestuur het om te onderhandel nie. Hy meen, as Jors Troelie reg onthou, dat Roelf nie eens vir die derde of vierde span se plaasverangersbank sou deug nie.

Maar dis ‘n naarheid hoe Max, Jan-Jan, Tim, Piet Croucamp en ander nou kyk wie die langste verbroulys kan opstel.

En dan kom almal by die warm plaat: Wat moet hieromtrent gedoen word?

Iets waaroor almal skynbaar saamstem is, moenie FW verkwalik nie.

Zuma het seker ook nie geweet dat as mens onbeskermde seks by vriende se dogters het, kan daar dalk ‘n nagevolgie wees nie. Ek bedoel, hoe moet ‘n mens nou so iets geweet het?

Net so, hoe moes FW so tussen Griekse dames geweet het iets gaan anderkant die Rubicon gebeur ook?

Tweedens, maak van die grondwet gebruik. Nou verstaan die uwe nie so alte lekker nie. Hulle het nou pas mekaar probeer oortref oor hoe die afloop van die onderhandelings ‘n aborsie of twee of al amper ‘n miljoen opgelewer het, en nou wil hulle hê die ding wat nie werk nie, moet gebruik word.

Nou moet ek byvoeg, dit kom nou selde tot my Blikore dat iemand nog praat van die wigte en teenwigte waaroor een van die kontemporêre swyers eens so hoog opgegee het. Is hy nou ook oortuig dit werk nie?

Oor die feit dat hulle nie werk nie, is daar min of meer konsensus. Pansat was en bly ‘n tandelose instrument wat seker al tien jaar gelede bevind het ons Blikore mag in plaas van FS op ons nommerplate (eintlik ons voertuie s’n) VS gebruik. Gaan probeer dit en kyk hoe ver jy kom. Want ‘n vorige, vorige, vorige LUR vir Paaie het die Pansat-bevinding op “appèl” van die swart Mensregtekommissie geneem en dié het dit na sy berugte Bloemfonteinse kantoor verwys, wat steeds volhou hulle weet nie van die verwysing nie. (Volksblad het die verwysingsnommer al by herhaling gepubliseer, dus lyk dit of die eintlike probleem is die Bloemfonteinse kantoor kan nie lees nie, maar darem op die Reitz-vier jag maak).

Dus, die swart menseregtekommissie is ook nie juis iets werd nie, en hef aan lê blykbaar nou voor nadat die vorige Openbare Beskermer., Lawrence Mushawana met ‘n stewige pakket as voorsitter van die swart Mensregtekommissie herontplooi is. Mushawana was die Openbare Beskermer wat minstens twee sake verloor het, soos die Staatsteater- en Petro SA-sake, om sy werk te doen. En ou Blik weet van ‘n ander saak wat al 14 jaar onafgehandel is, en al drie keer sonder enige reaksie by Zuma se trieng-trieng aangemeld is.

Oor die aborsie wat die Vryheidsfront se goeie plan opgelewer het, naamlik die Kommissie vir die Bevordering en die Beskerming van die Regte van Taal-, Godsdiens- en Kultuurgemenskappe hoef ‘n mens maar net van dr. Christo Landman se stukke op Praag te lees. Selfs die VF het teen die uiteindelike wet gestem.

Oor die Kommissie vir Vroueregte kan nog minder gesê word. Al wat hierdie kommissie nog gedoen het was om op belastingbetalerskoste as party tot die grondwethofsaak oor aborsies toe te tree. Hulle slaag nie eens daarin om gelyke regte vir Zuma se harem te beding dat hulle elkeen ‘n spannetjie mans mag trou nie. Dis mos ‘n blatante skending van die grondwetlike verbod op onbillike diskriminasie. Trouens, omdat die poligame huwelike uit ‘n antieke tradisie dateer, kan die vroue mos maklik bewys dat daar “in die verlede onbillik teen hulle gediskrimineer is” en kwalifiseer hulle nou vir regstellende aksie. Volgens my, Blik Oor, se logika, beteken dit elkeen kan mos nou maar een man meer vat as wat Zuma vroue vat. Dus, teen die tyd dat Zuma by ses vroue kom, kon elkeen van sy ses vroue sewe mans geneem het.

Anders, FW, beteken die grondwet wat jou vierdespan reserwe-onderhandelaar beding het mos niks.

Die ouditeur-generaal werk nog in die sin dat dit wys hoe min munisipaliteite en staatsdepartemente as lopende sake funksioneer (laas wat ek gesien het was daar nog enkeles), maar dan kom ‘n misipaal soos Mangaung en meen die doel van die verslag wat sê die misipaal is met ‘n miljard rand in sy maai is, en ander foute, is net om van kennis te neem. Ek het nie ‘n OG-verslag nodig om te sien die dinge is in hul heppie kanon in nie, die slaggate in die pad vertel dit. En ek dink hier kom ‘n *&^spul as daar met die sokker nog ‘n bykomende 100 000 besoekers se agterente op die stad se oorvol rioolstelsel losgelaat word. Veral as Suzie haar ding kom doen.

Maar gelukkig is Mangaung (ja, nie Bloemfontein nie, gaan kyk maar op die amptelike rooster op News 24), se “gasvryheidsbedryf” so behulpsaam dat hulle met skandelike prysverhogings die toeriste weghou.

Nou wat bly oor? Die regbank? Ja oom FW, maar daar is ‘n lastigheid. Nie almal wat deur die regering ingedoen of in die steek gelaat word, boer by Bothaville soos oom Crawford en kan sulke sake bekostig nie. En dan praat Jors Troelie van eens van die “flaw” dat die president na sekere vertoonprosesses, die regters aanstel nie.

Maar oom FW, gaan lees gerus hoe word een van die belangrikste grondwethofuitsprake geïnterpreteer, die aan van Walker v City Council of Pretoria, en ons praat weer. Lees ‘n mens die regsgelkeerdes se interpretasies sou ‘n mens sweer Abie Sachs se minderheidsuitspraak is die geldende een.

Plaas hulle doen dit met die minderheidsuitspraak oor die onteienings van padreserwes.

Dan wil ‘n mens nog nie eens begin oor sulke blatanthede soos die regering wat op privaat boere die sekerheid van verbyfregwet toepas, maar op staatsplase die staat van dieselfde verantwoordelikhede vrystel nie. Toe, het oom FW vir Sexwale na sy kafpratery hieroor uitgevra?

En oor grondeienaars wie se mineraleregte onteien is. Sodat soutboere nou moet duur permitte en goed kry om hul eie sout te oes omdat die sout nou eintlik die piepôl s’n is.

Ja, oom FW, ou Blik weet daar is ‘n bepaling in die grondwet wat sê Suid-Afrika word Volkeregtelik gebind aan internasionale ooreenkomste wat hy onderteken het. Ooreenkomste soos verskeie wat sê grond mag nie onteien word sonder ‘n behoorlike, markverwante vergoeding nie. As oom FW my nie wil glo nie, gaan lees maar self die grondwet van die Afrika Kommissie vir Mense- en Groepregte (ja, oom lees reg, daar staan ook groepregte in die naam al verswyg Naspers se ideologiese kartel dit) waarvan Suid-Afrika lid is. Maar steur Mugabe hom aan so ‘n verdrag? En gaan oom Crawford nou sy geld by ons, Suid-Afrika se belastingebetalers kry, omdat die regering te slap was om Mugabe vas te vat?

Dus, Jan-Jan, Max, Tim, Piet en die annerlikes wat meen die grondwet moet ingespan word om dinge volgens die liberale ideologie vlot te laat verloop, probeer maar iets anders met my. Hierdie Blik Ore wil nie luister as mense sulke longdropgesprekke voer nie. En klap maar aan ‘n Blikoor om dit te lat voel en kyk wat gebeur.

Maar gestel die wigte en teenwigte sou werk, en sou bekostigbaar wees om die regering ten opsigte van elke burger (ja die grondwet “waarborg” dit ook) gelykheid voor die reg te bied, wat dink julle gaan gebeur?

Kom, laat hierdie dom Blik Oor julle gou inlig. Soos die ANC by geleentheid na ‘n grondwetlike bloedneus verwytend gesê het: “In ‘n demokrasie moet die meerderheidswil darem ook iets tel.”

En toe kom min of meer dieselfde klomp swart redakteurs wat politieke korrektheid ‘n gat in die dyk geslaan het, en dreig met geweld sou blankes so aangaan om die regering (lees swart regering) te kritiseer. Dié koor is ook sommer deur ‘n klompie negrofiliste soos dr. Nico Smit aangevul.

In gewone Blikoor-Afrikaans: “Hou nou aan om my speelgoed met slim foefies te steel, en ek sal aanhou om jou op ander plekke te knyp.”

Of anders, dit kweek die generasie waarvan Julius Malema die kroonprins is.

Sien oom FW nou hoekom dit nogal half belangrik is dat ‘n grondwet so onderhandel moes wees dat dit ook in die praktyk moes werk?

En hoekom ‘n herskikking nodig is. Ja, die liberale soos Max argumenteer daar is mos nie ‘n manier dat die prez en ander tot ‘n heronderhandelde skikking sou instem nie (want hulle het meer ingepalm gekry as waarop hulle gereken het, aldus Leopold en ander) maar dit wys maar net weer die verstardheid van liberale denke. Natuurlik gaan die ANC nie sommer instem nie. Maar dit is deel van die bedingingsmag wat die Afrikaner kan monster dat die regering hopelik sal insien dat daar heronderhandel moet word.

Nou is ek blatant eerlik: Oor die res van die liberaliste se argumente hoekom iets gedoem moet word sonder om iets te doen, soos om hard te werk (as mens nog werk het) is buite my begripsveld. Dit klink vir my verdag baie soos liberale teorieë, en soos ons almal weet, is die definisie van ‘n teorie dat dit iets is wat nie in die praktyk werk nie. Soos die teorie dat die grondwet oor ‘n klomp grondwetlike liggame beskik wat die burgers se grondwetlike regte beskerm.

Laat niemand sê dat ek, Blik Oor, nie ‘n opbouende bydrae tot die heropbou van ons land lewer nie.

комбинезоны для девочек киевФильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.