Harry Schwarz sterf

Harry Schwarz
Deel op

Harry SchwarzEen van die kleurrykste Suid-Afrikaanse politici het vandeesweek gesterf.

Schwarz is op 13 Mei 1924 in Duitsland gebore, en het as kind na Suid-Afrika gekom. Volgens ‘n huldeblyk deur die DA-leier, Helen Zille, was hy aktief in die stryd teen die Nazi’s betrokke.

Hy het hom in Suid-Afrika aan Wits en later in Londen as regsgeleerde bekwaam, en was by die verdediging in die Rivonia-verhoor betrokke.

Ná sy aanvanklike toetrede tot die politiek as SAP, het hy in 1975 die Reformisteparty gestig, en later dieselfde jaar smelt dit met Colin Eglin se Progressiewe Party saam om die Progressiewe-Reformisteparty te vorm.

Sy laaste openbare amp was as ambassadeur in Washington.

Weens sy kleurryke karakter het hy dikwels die politieke weerlig op hom getrek.

By geleentheid het ‘n NP-politikus met Colin Eglin se “linker- en regterhande” gekorswel en toe opgemerk: “En al waarmee hy nou sit is ‘n klein Schwarz-handjie.

By ‘n politieke vergadering was Harry aan die woord. By geleentheid hef hy aan: “One nation, one people, one land.”

‘n Lid van die publiek wat taamlik na-aan die verhoog gesit het, hef ewe hard aan: “Ein Volk, ein Land, ein Fuhrer!”

Schwarz was woedend, berig die verslaggewer.

Bollywood StoryДанильченео

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.