Van waar die Tambo-miljoene?

Deel op

Image

Adelaide Tambo

Die weduwee van die voormalige ANC-hoofman, Oliver Tambo, het so pas gesterf. Woordvoerders uit die regerende party soos Thabo Mbeki bring tans hulde aan die ontslape Adelaide Tambo as “heldin van die nasie”, maar groot nuuskierigheid heers oor die waarde van die Tambo-boedel.

Deel op

Oliver Reginald Tambo het Suid-Afrika in die sestigerjare verlaat en as ‘n ryk man teruggekeer, terwyl hy sy lewe lank in die ANC se diens was. Die Tambo-kinders, waaronder Dali Tambo wat in die luuksebuurt Saxonwold in Johannesburg woon, beskik al drie oor ’n uitspattige lewenstyl.

In die doodsberig oor Adelaide Tambo word vermeld dat sy ná 1976 vir die International Defence and Aid Fund gewerk het. Dié fonds was die voorwerp van ondersoeke deur die destydse inligtingsdienste aangesien geheime somme geld van die Sweedse regering deur hierdie fonds na die ANC gekanaliseer is.

Dit was wel bekend dat die Sweedse parlement onder Olof Palme finansiële steun aan die “bevrydingsbeweging” gestem het, maar die presiese bedrae is nooit bekend gemaak nie. In April 2004 het die Sweedse ambassadeur in Suid-Afrika in ’n onderhoud oor RSG gespog dat “die ANC nooit sonder ons hulp die bewind sou oorgeneem het nie”. Die bedrag wat gewoonlik genoem word as daar van destydse Sweedse hulp aan die ANC gepraat word, is $100 miljoen per jaar.

Image

Olof Palme

Olof Palme is op 28 Februarie 1986 in ’n sluipmoord gedood. Hy is in Sveavägen, ’n straat in die middestad van Stockholm, doodgeskiet terwyl hy en sy vrou, Lisbet, besig was om huis toe te loop nadat hulle gaan fliek het. Daar is selfs gespekuleer dat die SA veiligheidsdienste agter die sluipmoord kon gesit het.

Feit is egter dat groot bedrae Sweedse geld in die vorm van geheime fondse na die ANC gevloei het onder die destydse Palme-regering wat ‘n sterk linkse en anti-Westerse inslag gehad het. Dis in die aard van geheime fondse dat daar moeilik beheer daaroor toegepas word.

Oliver Tambo het, soos menige Afrikaleier voor hom, ryk geword uit die politiek. Met die dood van sy vrou Adelaide, wat haar loopbaan in 1944 as ’n bode vir die organisasie begin het, word ’n hoofstuk in die Tambo’s se finansiële opgang afgesluit. Ná 1994 het ANC-politici immers nie meer Swede vir ’n bron van inkomste nodig gehad nie, maar het hulle direkte toegang tot die Suid-Afrikaanse staatskas verkry, asook swartbemagtigingstransaksies waaruit figure soos Sexwale en Ramaphosa miljoenêrs geword het.

games kazinoлобановский харьков класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.