Uraan kan Potch se drinkwater vergiftig

Deel op

Prof. Kobus van der Walt, van die skool vir geografie en omgewingsbestuur aan die Universiteit van Noordwes (NWU), het dië week by ’n seminaar van die Suid-Afrikaanse Kankervereniging (Kansa) gesê uraan is besig om vanaf die goudmyne langs die Wonderfonteinspruit in die Mooirivier in te sypel.

NUUT!

Volgens ‘n berig in Beeld los die suur mynwater die swaar metale op, ook die uraan wat in die modder van die Wonderfonteinspruit en die Tweelopiespruit aanwesig is. Dit spoel dan stroom-af.

Die hoofnavorser van Kansa, Dr. Carl Albrecht, sê Potchefstroom se drinkwater is in gevaar omdat 800kg uraan jaarliks in die Boskopdam, die enigste waterbron van die inwoners, vloei.

Navorsers van Kansa het reeds uraan in die stof van die stofsuiers in Carletonville aangetref.

Danksy goudmynbedrywighede lê daar 600 000 ton uraan op die mynhope van die Wes-Rand. Die mynhope stel glo radongas vry.

Bron: Beeld

римская баняОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.