Zille praat nie oor haar eie gedrag nie

Deel op

Pres. Jacob Zuma se kinders is “tevrede” om hul pa met “20 of meer” broers en susters te deel, het sy seun, Duduzane, Vrydag gesê.

“Ons as gesin is tevrede met die poligamiese aard van ons huishouding,” het hy in ‘n verklaring gesê.

“Ons is tevrede dat ons 20 of meer broers en susters het.”

Duduzane het gesê sy pa het sy kinders se seën as hy nog toevoegings tot die kroos wil maak.

“Dit is my pa se reg binne die konteks van sy kultuur om soveel kinders te hê as wat hy wil.”

Hy het gesê as ‘n “burger” het sy pa die reg om “sy geloof te beoefen”.

“As ‘n Suid-Afrikaanse burger het my pa dieselfde reg op privaatheid en om sy geloof te beoefen nes enige ander landsburger.”

Duduzane het gesê baie van die Zuma-kinders is volwassenes wat kan help om na die jonger kinders om te sien.

Intussen het Helen Zille, DA-leier, se veldtog teen Zuma se jongste buite-egtelike kind groot aanklank in die buiteland gevind en is die kwessie nuus in die VSA sowel as Europa.

Die New York Times het die Vigspandemie in Suid-Afrika direk aan Zuma se onbeheerste seksuele gedrag gekoppel. Dit is egter nie duidelik of die president wel met die virus besmet is agv sy keuse van vroue nie.

Zille se eie verlede – sy het ‘n onbeskermde seksuele verhouding met ‘n getroude man wat ‘n gesin gehad het, begin – is nie onder die loep geneem nie en die buitelandse media het eensydig op die DA se verklarings gereageer.

лазерный пескоструй купитьАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.