VF Plus-leier tree in vir Pretoria-naam

Deel op

Die Vryheidsfront Plus in Pretoria het die aankondiging verwelkom dat die verandering van die naam Pretoria na Tshwane teruggetrek is en het gesê dat die party se leier, dr. Pieter Mulder, die deurslaggewende rol hierin gespeel het. Dr. Mulder was sedert Woensdag verlede week onverpoosd besig om vir die naam Pretoria in te tree op die hoogste regeringsvlakke deur skakeling en gesprekke met senior ministers en ander betrokkenes.

NUUT!

Die VF Plus het ook waardering teenoor die burgerlike organisasie, AfriForum, uitgespreek vir hul ondersteuning van Pretoria se naam asook vir hulle waardevolle werk in die burgerlike samelewing rakende sake wat vir die VF Plus belangrik is.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, is die aankondiging oor Pretoria se naam betekenisvol op verskeie vlakke.

“Dit wys dat die Afrikaner as groep te sterk is om eenvoudig eenkant toe te skuif en te stoomroller rakende sake wat vir hulle belangrik is. Aan die ander kant wys dit dat daar effektiewe kommunikasiekanale tussen die Afrikanergemeenskap en die regering begin ontstaan wat gebruik kan word om konfliksituasies te vermy,” het Beyers gesê.

Hierdie is ook ‘n voorbeeld van hoe openbare druk deur burgerlike organisasies saam met politieke toegang na die besluitnemers, deur die adjunkministerskap van dr. Pieter Mulder, probleme kan oplos.

Die VF Plus het gesê dat die oorwinning vir Pretoria ‘n bloedneus gee vir die plaaslike ANC-radikaliste, met die burgemeester (dr. Gwen Ramokgopa) aan die voorpunt.

“Ons verwag dat daar weer pogings deur elemente in die ANC sal wees om die naam te verander, maar hoe langer Pretoria se naam oorleef hoe moeiliker raak dit om daarvan ontslae te raak. Daarom is hierdie ‘n baie belangrike oorwinning vir die behoud van Pretoria se naam.”

 

турецкая баняЛобановский Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.