Blair voor stok gekry oor sy leuens

Deel op

’n Gespanne en by tye bewende Tony Blair, gewese Britse eerste minister, moes dié week ses ure lank die vrae van ’n kommissie van ondersoek onder leiding van sir John Chilcott trotseer wat volledig op televisie gebeeldsend is.

Hy het indringende vrae vermy deur lang futlose beskrywings van allerlei onbenullighede.

Blair hou vol dat hy die regte besluit geneem het om Irak saam met Amerika binne te val.

Brittanje se vorige minister van internasionale ontwikkeling, Clare Short, het die oud-premier van oneerlikheid beskuldig en gesê sy glo die regering se destydse hoofregsverteenwoordiger het ook die Britse kabinet oor die wettigheid van die aanval in Irak in 2003 mislei.

Short het uit die kabinet bedank omdat Blair haar glo onder ‘n valse indruk gebring het, deur voor te gee dat die VN wat ’n hoofrolspeler was. Sy het aan die kommissie gesê daar was geheimsinnigheid en misleiding omdat normale kommunikasie oor die aangeleentheid gestaak is.

Sy beskuldig Blair daarvan dat hy die VSA “koorsagtig” wou bystaan en allerlei leuens bedink het om dit te kan doen.

Blair het gesê die terreurdade van 9/11 het hom oortuig om Saddam Hoesein uit die samelewing te verwyder. Dat Saddam hoegenaamd nie met 9/11 verbind word nie, is nie geopper nie. Hy het nietemin toegegee dat hy aan George W. Bush Brittanje se bystand teen Saddam belowe het, reeds ‘n jaar vóór die inval.

Blair het egter erken dat Saddam nie oor enige wapens van massavernietiging beskik het nie.

play casino slotsтопкарго отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.