Die Wolkstaat – haalbaar of nie?

Na aanleiding van die debat rondom ‘n Wolkstaat is daar interessante moontlikhede om hierdie strewe te realiseer. Weliswaar dalk nie maklik nie maar ook nie naastenby so moeilik soos wat sommige mense dink nie.

Deur die eeue het baie volke en kultuurgroepe hulleself en selfbehoud gedefinieer. Dit was dan ook dikwels juis wanneer hulle onder druk was dat die kreatiefste oplossings gevind is. Afrikaners is nou by so ‘n punt in die geskiedenis. Die vraag is gaan die Wolkstaat spontaan realiseer of is daar iewers ‘n groepering wat dit n hupstoot gaan gee.

Die Oraniërs is so ‘n groep wat fisies n gebied beset. Vir talle is dit egter agv praktiese realiteite soos bv. werk en sakegeleenthede nie haalbaar om deel te wees daarvan nie. Daarom is die Wolkstaat-idee indien dit na ‘n werkbare konsep uitgebrei kan word dalk ‘n oplossing.

Indien ek ‘n subjektiewe analise sou doen van wat vandag belangrik vir die deursnee Afrikaner is, sou dit min of meer tot die volgende gevolgtrekking kom:

  • Materiële welvaart en gemak sou redelik hoog op die lys wees.
  • Veiligheid en sekuriteit tuis en by die werk.
  • Goeie opvoedings instansies met relevante opleiding en onderrig vir kinders.
  • Vry en verkose kultuuraktiwiteite en vermaak met behoud van taal en historiese kultuur.
  • ‘n Toekomsvisie van geleenthede in ‘n stabiele omgewing beide vir ouers en kinders in ‘n prestasiegedrewe samelewing.

Omdat tans nie daaraan voldoen word nie, emigreer talle Afrikaners. Die wat nie kan of wil emigreer nie, remigreer. Solidariteit het hierdie verskynsel al goed deurtrap en hierdie skrywe gaan dus nie daaroor nie.

Die wêreldresessie bring ‘n ander realiteit. Nicolas Sarkozy het in dié week by Davos gesê dat kapitalisme herbedink moet word en dat finansieële moraliteit aangespreek moet word. In kort moet die groot korporasies en banke met groter verantwoordeliheid optree. Wat my betref moet die direkteure minder gierig wees.

Wat Afrikaners moet besef is dat daar reeds talle voorbeelde van sg Wolkstate is. Daar is ook voorbeelde uit ons verlede waar korporatiewe ondernemings Afrikaners bevoordeel het. Ek verwys nou na die Sanlams ens. In Argentinië na die ekonomiese ineenstorting van 2001/2002 omdat geen finansiering moontlik was nie en die staat nie kon voorsien nie, het talle kooperatiewe finasieringsorganisasies ontstaan.

Een van hierdie tipe kooperasies is sg. Pools de Siembra of vertaal – Saadpoele. Boere kon geld poel om mekaar te finansier vir die aankoop van insetprodukte. Stedelinge kan egter ook in hierdie poele belê en ‘n goeie rendement verdien.

Om die risiko te verklein is deeglike navorsing gedoen oor watter gewasse die mees winsgewende is en die beste aard. Die gebied waar geplant is, was ook so wyd as moontlik sodat ‘n misoes in een area gesubsideer kon word in ‘n ander.

Om n lang storie kort te maak – hierdie poele funksioneer vandag nog en mense soos George Sorros bedryf so ‘n poel en bewerk iets soos 150 000 hektaar.

Die proses is egter nou ook uitgebrei na waardetoevoeging deur verwerking van produkte. Daar bestaan ook talle ander sulke korporatiewe ondernemings soos bv. banke, behuisingskooperasies ens. Regoor die wêreld kom hierdie verskynsel voor veral waar ekonomies swaar getrek word en regerings nie die wil en kapasiteit het om probleme aan te spreek nie.

In Suid Afrika is meeste kooperasies na maatskappye verander. Verder was ons kooperasies gewoonlik deur ‘n paar groot rolspelers oorheers. Die globale krisis dwing gewone mense egter om nou weer na hierdie oplossings te kyk en aangesien ek van mening is dat die manier waarop die wêreldhandel bedryf is, onherroeplik besig is om te verander. Een van die gevolge volgens my gaan wees dat kredietverlening aansienlik moeiliker gaan word. Maar waar laat dit ons met die Wolkstaat?

Afrikaners is tradisioneel sterk individualisties en kapitalisties georienteer. Na my mening een van die redes waarom daar steeds nie konsensus is oor volkstate en wolkstate nie. Die tyd is egter nou ryp om ‘n paradigmeskuif in denke te maak.

Ek het al by talle geleenthede die mees suksesvolle kooperasie ooit op die planeet as voorbeeld gebruik van ‘n model vir n wolkstaat. Hierdie onderneming doen die volgende:

1.    Genereer sy eie kapitaal (noem dit belasting as jy wil)
2.    Is een van die 10 grootste ondernemings in Europa
3.    Word bedryf deur n enkele volksgroep
4.    Bedryf sy besigheid regoor die planeet
5.    Het sy eie kooporatiewe bank
6.    Het sy eie opleidings instansies en Universiteite in die taal van sy keuse
7.    Voorsien in sy lede se behuisings behoeftes
8.    Voorsien in sy lede se aftree voorsiening en mediesefonds
9.    Bestaan uit talle ondernemings en kooperasies uit waarvan slegs 3 in die afgelope 50 jaar gesluit het. Dit teenoor 70% internasionaal van alle klein ondernemings wat binne 5 jaar tot niet gaan
10.    Dit besit duisende hektare grond
11.    Dit hou reserwes vir toekomstige projekte in kapitaalrekenings van lede waarop hulle rente verdien
12.    Dit voldoen aan (soos deur Sarkozy versoek) finansiele moraliteit en integriteit omdat topstruktuur salarisse in n gesonde verhouding moet wees tot die van wekers.

Hierdie kooperasie in besonder het gemeenskaplikheid tot gevolg gehad en het ‘n saambindende faktor geword vir sy lede omdat hy gefokus is op die belange en aspirasies van sy lede. Hierdie kooperasie het die volk wat dit besit gered van ondergang. Alles dinge waarby Afrikaners kan baat. Tragies genoeg was die entoesiasme vir so-iets in Afrikaner geledere tot dusver baie effens. Van dit is te sosialisties af tot dat dat Afrikaners nie tot so mate kan saamwerk nie.

Ek is oortuig dat daar in Afrikanergeledere genoegsame intelektuele kapitaal bestaan om so ‘n projek suksesvol te inisieer en te bedryf. Verder, met Afrikaners regoor die planeet wat betrek kan word in ‘n mindere of meerdere mate, bestaan daar enorme potensiaal en kan finansiële onafhanklikheid in ‘n Wolkstaat n realiteit word.

Waarna verwys ek? – die Baske se Mondragon-kooperasie.
Ek doen hier amptelik ‘n pleidooi dat wyd gedink moet word, maar veral groot genoeg en dat die verskuiwings en aanpassings in die wêreld tans die ideale geleentheid bied om die denkskuif te maak. Mondragon is die wolkstaat-voertuig na ‘n vry toekoms vir Afrikaners.

линейные светодиодные светильникилобановский класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.