Die Afrikaner-pleitbedryf

Portret van 'n Afrikaner-'leier'?
Deel op

Portret van 'n Afrikaner-'leier'?Ek het verlede week kennis geneem van Pieter Mulder (VF+), se “besadigde” repliek, op Tokyo Sexwale se belaglike en ongefundeerde uitsprake, rakende die Boere, wat nou ook vir die regering veroorsaakte plakkerskampe, geblameer word. Vandag lees ek toe Ben Marais (TLU SA), se reaksie op Sexwale se snert op Praag.

In beide gevalle staan ek verstom oor die twee “here” se “besadigde, redelike en beskaafde” benaderings en nie-konfronterende woordkeuses. ‘n “Redelikheid” wat grens aan papbroekigheid. Hulle is nie eens bereid om direkte verbale opstoking teen ons mense, met harde woorde te veroordeel nie. As harde woorde hul hartjies laat vibrileer, wat sou fisiese verdedigsaksies daaraan doen?

Geen wonder die swart regering, sy verkose leiers en sy gepeupel, trap al hoe feller en al hoe meer op die Afrikaner en sy regte nie. Want ons sogenaamde Afrikaner-“leiers”, het die kuns en spel van “samewerkende opposisie” vervolmaak. Die kuns van kruip en pleit, terwyl hul voorgee dat hul regop loop en behoede ons, lei… Die kuns van pleit, terwyl hul voorgee dat hul ons Afrikaners se saak beveg!

Uit die linkerhoek van hul konstant skeef getrekte monde, preek hul pasifisme en verdraagsaamheid aan ons mense wat links en regs met toenemende reëlmaat en arrogante brutaliteit beroof, gemartel, vermink, verkrag en vermoor word. Dit terwyl hierdie selfde ou Afrikanervolkie met venynige wette en toepassing daarvan, ekonomies vernietig word in so ‘n mate dat enige weerhouding van belasting nie as protes beskryf behoort te word nie, maar as ekonomiese en fisiese selfverdediging.

 

Afrikakultuur bepaal dat die “sterkman” maak soos hy wil, slaap waar hy wil, sê wat hy wil en dat hy so doen, wanneer en hoe en teen wie, hy wil. En die meerderheid swartes ondersteun daardie “sterkman” wat sy “krag” so mildelik bewys, onvoorwaardelik.

Hieruit is dit selfs vir ‘n blinde duidelik dat die swart kultuur, die “redelike” blanke en Afrikaner-“leiers”, as swakkelinge verag. Die swart leiers speel ook net die “spel” met hierdie “innemende en redelike” blanke “leiers”, om soveel moontlik in te palm en die blankes so ver moontlik te verswak, voordat die valbylspel plaasvind.

In die ou dae, toe die meerderheid Afrikaners arm was, het baie mans “elbow patches” op hul baadjies gedra. Iets wat veral te sien was by blanke onderwysers.

Vandag sal die nuutste mode sekerlik wees dat Afrikaner-“leiers” “knee patches” op hul broeke laat aanstik, om die pleitbedryf sagter op die knieë te maak.

Dit het dringend tyd geword dat Afrikaners besef dat diegene wat jou volk se ondergang beplan en bewerkstellig, is nie jou politieke opponente nie! Hulle is jou vyande!

As daardie vyand leef en oorleef met die “sterkman”-sindroom, sal die Afrikaner “kleinmannetjie”-sindroom vir seker nie tot Afrikaneroorlewing en -voortbestaan lei nie.

Afrikaneroorlewing sal daarvan afhangof ons die gees van vrees in Kees kan skep.

Magsbalans is die antwoord. 70% van enige stryd is sielkundig. Maw dit gaan oor die beïnvloeding van die vyand se persepsies.

As beide kante van strydende faksies mekaar wedersyds vrees, sal daar gewoonlik vrede heers en sal die een die ander respekteer.

Sonder daardie magiese magsbalans, sal die sterker faksie, op een of ander stadium poog om die swakker faksie finaal uit te wis.

Daar is ‘n gesegde wat lui: As jy vrede nastreef, berei voor vir oorlog!

купить детский гольф для мальчикатопкарго отзыв

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.